KOStelik Coupon

R100.00

Kom geniet ons konsert met sing, lekker lag, stories en kook met Willie Strauss

Kompetisie

Wanneer jy n kaartjie koop word jy automaties in n kompetiesie geplaas wat in Oktober getrek word en Willie gaan die prys wenner persoonlik skakel met die goeie nuus en prys besonderhede.

Produksie Inligting

Vervaardiger: Willie Strauss
Akteurs: Willie Strauss, Damian Engelbrecht en Roelof Colyn
Gas: Lientjie Wessels
Hoof Borg: Ginger Love
Tydsduur: 90min
Ouderdomsbeperking: 14 jaar

Klik “Buy Ticket” onder om Voucher/Coupon te koop

Out of stock

Description

Kom sit aan vir Willie se KOStelik

Mense dink kunstenaars hou grendelkonserte omdat hulle die geld nodig het, maar die waarheid is dat hulle optree nodig het, sê die kookboekskrywer, sanger en kabaretkunstenaar Willie Strauss.

“Ek mis dit om saam met ‘n gehoor te kuier, hulle te hoor lag en vir hulle te kook,” sê hy. “Ek smag daarna soos roosterbrood smag na vissmeer!”

Daarom het Willie en sy vriende koppe bymekaargesit en die grendelkonsert ‘KOStelik’ aanmekaar geslaan.

Willie sê hy kon die konsert weens inperkingsmaatreëls nie voor ‘n gehoor opneem nie, maar hy kon hom ‘n gehoor verbeel. “En darem sal ek nou weer my musiek en kos met mense kan deel, al is dit in die kuberruim en oor ‘n afstand. Ek hoop dat mense dit net so baie sal geniet om te kyk soos ek dit geniet het om dit op te neem.”

Daaroor bestaan nie twyfel nie, want die program laat die mond water. Willie gaan kook uit sy kookboek, Daar is ‘n Engel in my Koskas, en die heerlike geure en nostalgie gaan saam in die pot prut.

“Ek word begelei deur Roelof Colyn op die klavier. Ons werk al jare saam en dit was ‘n lekker nostalgiese reis om weer saam met hom te werk.”

Op die program is ‘n paar skeppies ou gunstelinge soos “Dry Land” en “Klasie”, waarvan gehore nooit genoeg kan kry nie. Dit word saamgeklits met nuwe lekkernye soos “Engel in die koskas” en “Sinkhuisliefde”.

Sonder sekere bestanddele kan dit nie, en “Rooiborsduif” soos getoonset deur Henry John Williams en “Die Fees” van NP van Wyk Louw soos getoonset deur Wilhelm Joubert kry ook plek op dié konsert se resep. Hoe dan anders?

‘n Kultuurkok moenie snoep wees met ‘n knypie humor nie, en daarvoor sorg ‘n aweregse “Rooikappie”. Kom luister self hoe die meisie met die rooi mantel in Afrikaans kan dans – met of sonder ‘n wolf!

Boer Damian Engebrecht daag betyds op vir die feesmaal en kom speel sy trekklavier op van die liedjies.

En die Kokkedoor-finalis en skilder Lientjie Wessels kon ook nie nee sê vir al die geure uit Willie se kombuis nie en kom kuier saam. Sy gaan ook wys hoe om ‘n spesiale gegeurde sout te maak. “Want Lientjie is ‘n gesoute kok!” knipoog Willie.

Die produksie is opgeneem in die Cullinan Premier Hotel en moontlike gemaak deur GingerLove. As jy nog nie weet wat GingerLove is nie, is dit tyd om uit te vind! Willie gaan sommer ook wys hoe om dié wondermiddel in ‘n gereg te gebruik. Vir ‘n skep vol skop!

Rondom Willie se tafel kan dinge dan net nog geselliger raak met ‘n voorlesing van ‘n Jeanne Goosen-kortverhaal.

Moenie toelaat dat die inperking jou droëbek laat nie. Trek uit jou skoene, gooi ‘n glas wyn en sit saam aan vir Willie Straus se “KOStelik”.

Afrikaans Afrikaans English English
Shopping Cart
There are no products in the cart!
Continue Shopping
0